Konstante

’n Konstante funksie.

Konstante is ’n begrip in wiskunde en natuurkunde wat onveranderlikheid uitdruk.

Met ’n konstante word bedoel ’n grootheid wat ’n nieveranderlike waarde het en nie afhanklik van ander parameters is nie. Die grafiek van die funksie y=c, met c ’n willekeurige konstante, lyk in ’n diagram met x- en y-koördinate soos ’n horisontale lyn (sien die afbeelding regs). Die afgeleide van ’n konstante funksie is gelyk aan nul.

In natuurkunde word sommige wette so geformuleer dat ’n bepaalde verhouding tussen groothede konstant is. Voorbeelde is Ohm se wet en die idealegaswet. Daarnaas is daar in natuurkunde bepaalde groothede wat as natuurkundige konstantes beskou word, omdat daar geglo word hul waarde is nieveranderlik. Voorbeelde hiervan is die ligsnelheid in ’n vakuum en die konstante van Planck.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search